Category Archives: Ouerskap

Hoopdief

Ons het pas ‘n paar noodsaaklike items op ons inkopielys gekoop en is op pad terug na ons motor. Liefman sien ‘n oud-skoolmaat van hom raak, en na ‘n entoesiastiese groetery raak die twee aan die gesels. ‘Hoe oud is … Lees voort

Posted in Hartsdinge, Ouerskap | 1 Kommentaar

Toestemming om foute te maak

Ek loop ‘n kennis van ‘n vorige gemeente by die kerk raak. Ek stel my dogter aan haar voor en meld dat sy tans in haar eerste hoërskooljaar is. ‘Sy is pragtig’, reageer die vrou, en vervolg met ‘n waarskuwing … Lees voort

Posted in Ouerskap | 2 Kommentaar

Landloop-storie

Vroeg in my dogter se laerskooljare het ‘n onderwyser haar op ‘n stadium aangesê om by haar skool se landloopspan aan te sluit. Toe ek my kind ‘n dag of wat later by die skool gaan haal, het die onderwyser … Lees voort

Posted in Ouerskap | 1 Kommentaar

Heinings

My werksmater deel ‘n staaltjie wat hy iewers gehoor het, wat my kop behoorlik op loop sit. As daar ‘n heining voor jou huis is, kan verbygangers besluit of hulle aan die buitekant van die heining verby stap; en of … Lees voort

Posted in Ouerskap | Lewer kommentaar

Animal-lingo for teens

Ek lees baie lekker aan ‘Taming the Teenager’ deur Gavin Fish. Die outeur is ‘n skoolhoof, en selfs pa van tienerkinders, dus ken hy sy storie as dit by dié generasie kom. Die boek is met baie deernis teenoor tieners … Lees voort

Posted in Ouerskap | 1 Kommentaar

Nuwe gewoontes

Hierdie ma was hande in die hare oor die stand van haar tienerkind se deurmekaar slaapkamer. Ek is in die bevoorregte posisie om gedurende die week ‘n huishulp te hê wat die huis min of meer regpluk, maar oor naweke … Lees voort

Posted in Ouerskap | 3 Kommentaar

Budgie-hok ouerskapstyl

Liefkind kla dat die poeierblou budgie in die hok gedurig pik na die mannetjie-maat, sodat die arme knaap al heel verwilderd daar uitsien. ‘Ek het simpatie met die budgie’, deel ek my mening. ‘Budgies is gemaak om vry te vlieg. … Lees voort

Posted in Ouerskap | Lewer kommentaar