Monthly Archives: Mei 2015

Pre-Comrades

En so is die Comrades maraton voor die deur. Ek is opgewonde, dit is ‘n groot ondervinding. Maar meeste van alles is ek bang. Bitter bang. Comrades is ‘n reusagtige uitdaging. Hierdie is my derde Comrades. Met die eerste wedloop, … Lees voort

Posted in Hardloop | Lewer kommentaar

Maats

Hulle het vandag besoek afgelê by ‘n mater wat siek is. Soos dit maar met hierdie dinge gaan, het die siekte hom langsamerhand bekruip. Eers toe dit sy lewe begin oorneem, het hy besef dat dit tyd is om mediese … Lees voort

Posted in Hartsdinge | Lewer kommentaar

Suiwer goud

So deel van my grootworddorp as die wit kerk en die Spar, is Morné. Morné is ‘n volwasse verstandelik gestremde man vir wie ons as kinders erg katvoet was. Veral my sussie het lang draaie om Morné geloop, want hy … Lees voort

Posted in Inspirasie | Lewer kommentaar

‘n Praktiese les in ouerskap

‘n Paar minute nadat ek my in die haarkapperstoel sitgemaak het, kom my haarskapster se tienerdogter die salon ingewarrel. ‘Kan ek mamma iets vra…?’, doen sy aanvoorwerk terwyl sy haar ma in die groot spieël reg in die oë kyk. … Lees voort

Posted in Ouerskap | 2 Kommentaar

Redelike hoop

Een van ons tentmakerdomies verdien sy brood en botter as sielkundige. Sy agtergrond verleen dikwels ‘n interessante element aan sy prediking. Nou een Sondag het hy dit oor Jeremia. Aangesien die profeet die volk Israel dikwels oor naderende oordeel weens … Lees voort

Posted in Geestelik | Lewer kommentaar

Moedersdag

Ek is lank genoeg ‘n mamma om te besef dat elke fase van ‘n kind se lewe spesiaal is. Die pre-teen fase is egter vir my besonder lekker. Die ontwikkelende selfstandigheid, die vorming van ‘n eie opinie en mening oor … Lees voort

Posted in Liefde, Liefkind | Lewer kommentaar

Bio-link bo!

My dogter het deur haar graad 1 jaar geseil, en aan die einde van die jaar ‘n diploma vir verdienstelike akademiese vermelding ontvang. Graad 2 was egter vanaf die staanspoor problematies. Die rede kan wees dat sy nie aanklank gevind … Lees voort

Posted in Liefkind, Ouerskap | 2 Kommentaar

Kreatiewe inkleur

“Wat doen jy as tydverdryf?”, vra ‘n vriendin met wie ek lanklaas kontak gehad het op ‘n dag. Die vraag vang my half onkant. Tyd is ‘n skaars kommoditeit in my lewe, dus sal tyd om te verdryf, om te … Lees voort

Posted in Mymeringe | 1 Kommentaar

Herfs

Die skoonheid dreig om my te oorweldig, slaan my asem weg. Majestieuse bome staan in gelid, die kompetisie vir die kroon in volle swang. Goue blare warrel grond toe, dans ligweg oor die teerpad, knars onder my tekkies wanneer ek … Lees voort

Posted in Mymeringe | Lewer kommentaar

Loskop

Loskop is ‘n groot wedloop, nie heeltemal Comrades of Oceans skaal nie, maar nogtans heelwat groter as die wedlope waaraan hierdie Vrystatertjie gewoond is. Ek en my sus kombineer die wedloop met ‘n sussie-wegbreek-naweek, en daarom is die eskursie ekstra … Lees voort

Posted in Hardloop | 1 Kommentaar