Monthly Archives: November 2016

Ironie

Verstaan ek dit reg dat ‘n terminaal sieke wat ‘n hofbevel bekom het om sy lewe met die hulp van ‘n dokter te beëindig, se hofuitspraak omgekeer is? Die hof het bevind dat dit die weg sou baan vir die … Lees voort

Posted in Hartsdinge | 1 Kommentaar

Die ideale leraar

Ek voel altyd iewat geïntimideer as ek as nuwerige lidmaat in ‘n gemeente instap waar ek vreemd en groen voel. Ek het na ons eerste paar besoeke aan die spesifieke kerk vir hul dinamiese pastoor ‘n vriendskapsversoek op ‘n sosiale … Lees voort

Posted in Geestelik | 1 Kommentaar

November

November is ‘n vreemde maand. Ek het in my volwasse lewe drie hartsmense aan die dood verloor. Dit was fel verliese was groot leemtes in my lewe gelaat het. Al drie hierdie mense se sterfdatum is in November. Ek onthou … Lees voort

Posted in Mymeringe | Lewer kommentaar

Gesindheid

Dit is maar eenmaal so dat onwenslike situasies interessante insae in die menslike psige gee. So was ons vir ‘n week sonder watertoevoer by ons werk. Heigend hert, was dit nou vir jou ‘n storie! Midde die frustrasie wat elke … Lees voort

Posted in Ligweg | Lewer kommentaar

Ons is nou groot!

Ek en Liefman vier hierdie jaar ons agtiende huweliksherdenking. 18 jaar – dit is so lank as wat ek onder my Pa en Ma se dak gewoon het. Dit is seker dan veilig om te sê dat ek en my … Lees voort

Posted in Hartsmense, Liefde | 1 Kommentaar

Strafmetodes op skool

Liefkind se onderwyseresse ondervind heelwat probleme met swak dissipline in die klas. Ek dink die wortel van die probleem is dat die deursneë leerling nie respek vir onderwysers het nie. En hoekom sou hulle, die arme leerkragte se straf-metodes is … Lees voort

Posted in Gister se dinge | Lewer kommentaar

Kerk sonder krag

In ‘n vorige gemeente het ons op ‘n keer ‘n aand slaggereed by die kerk opgedaag vir ‘n Pinksterdiens. Ons het egter mense in groepies die kerkgebou sien verlaat, nog voor die uur waarop die diens ‘n aanvang sou neem. … Lees voort

Posted in Mymeringe | 1 Kommentaar

Banting -‘n jaar later

‘n Jaar gelede het ons huisdokter my diabetiese man een maand grasie gegee. As sy vastende glukose-telling nie teen daardie tyd onder agt is nie, moes hy begin met insulien inspuitings. ‘Desperate times calls for desperate measures’, en ons het … Lees voort

Posted in Leefstyl | Lewer kommentaar

Klein jakkalsies

Tydens Bybeltyd lees ons uit Handeling 1:8. ‘maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste … Lees voort

Posted in Geestelik | Lewer kommentaar