Category Archives: Hardloop

Totsiens, Legend.

Ek huil snot en trane toe ek vroeg die oggend op Facebook lees dat jy weg is. Jou kankerstryd verloor. Ek het natuurlik geweet dat jy siek is, maar ek het nie besef dat dit al so ernstig is nie. … Lees voort

Posted in Hardloop, Hemellinge, Uncategorized | 1 Kommentaar

Ek is mál oor jou!

Ek is midde een van die moeilikste jare van my lewe.   2021 sal onthou word vir ‘n hartverskeurende verlies, vir ingewikkelde situasies, vir geliefdes wat deur siekte worstel, vir ‘n heelnaaste se groot-skrik ontdekking gevolg deur ‘n onbeplande operasie. En … Lees voort

Posted in Hardloop | Lewer kommentaar

Oefening en streshantering

Ek lees onlangs ‘n boek oor die onderwerp van streshantering, ‘Well stressed’ deur Sonia Lupien. Sy skryf dat stres hoofsaaklik in vier tipe situasies ervaar word, in die ‘NUTS’ akroniem verduidelik: New, Unpredictable, Threat to ego or self-worth, Sense of … Lees voort

Posted in Hardloop | Lewer kommentaar

Dubbele vreugde

Terugflits Ek maak haar donkeroggend wakker. Sy staan iewat traag op, maar trek nietemin aan en eet ontbyt sonder om een keer te mor omdat sy sò vroeg moet opstaan op ‘n Saterdagoggend. Tieners is immers bekend daarvoor dat hulle … Lees voort

Posted in Hardloop, Liefkind | 1 Kommentaar

2019 in retrospek

2019 was ‘n genadejaar. ‘n Jaar, baie amper sonder noemenswaardige krisis. In die doodsnikke van Desember het my moeder wel baie siek geword en in die hospitaal beland, waar sy ‘n operasie ondergaan en in ICU herstel het. Maar ook … Lees voort

Posted in Hardloop | Kommentare af op 2019 in retrospek

Landloop-geselsies

Op pad terug huis toe vanaf die eerste landloopliga van die seisoen, waaraan ek en my veertienjarige dogter albei deelgeneem het, deel sy haar waarnemings, soos gevorm gedurende die wedloop, met my. ‘Om lang afstande te kan hardloop, het ‘n … Lees voort

Posted in Hardloop | Lewer kommentaar

Eerste 10

My dogter se eerste tien-kilometer padwedloop is ‘n dag wat ek wil onthou, en die beste manier om dit te doen, is om ‘n bloginskrywing daaraan te wy! Ek is ‘n entoesiastiese hardloper wat mal daaroor is om aan padwedlope … Lees voort

Posted in Hardloop, Liefkind | 2 Kommentaar

Beginselsaak

So gebeur dit dat ons gedurende die lang Desember-vakansie oudergewoonte vroeg een Saterdagoggend op pad is na ons plaaslike Parkrun. Ons is skaars by die huis weg, toe Manlief merk dat die motor se waarskuwingsliggie flikker om aan te dui … Lees voort

Posted in Hardloop, Liefkind | Lewer kommentaar

Verslawing

Ek lees ‘n inskrywing op sosiale media wat dadelik my belangstelling prikkel: ‘You know you’re addicted to running when…?’ Daar is onmiddelik ‘n goeie aantal insidente wat ek kan aframmel om die stelling in my eie lewe te bewys. Dit … Lees voort

Posted in Hardloop | 3 Kommentaar

My hardloopjaar – ‘n terugblik

Ek kyk onlangs na ‘n televisieprogram waar ‘n onderhoud gevoer word met ‘n bekende akteur, wat nou reeds bejaard is. Wanneer gevra word dat hy die hoogtepunte van sy interessante lewe deel, bieg die akteur dat hy nog altyd gedink … Lees voort

Posted in Hardloop | 1 Kommentaar