Category Archives: Ligweg

Toetsdag

By die universiteit word toetse op Saterdae geskryf.     In hierdie geval die juiste Saterdag terwyl die res van die studente, wat nie hierdie bepaalde vak neem nie,  reeds vakansie hou.   Want, Universiteit, sê my net-nou-die-dag-nog ‘n skolier, is nie vir … Lees voort

Posted in Ligweg | Lewer kommentaar

Dertig jaar later

So gebeur dit dat ‘n matriekklas van ‘n klein plekkie ‘n reünie probeer reël. Die eerste reünie, dertig-plus jaar later. Die reëlings geskied elektronies, aangesien baie van die oud-matrikulante wyd en syd verplant is. Soos wat die reëlings vorm aanneem, … Lees voort

Posted in Gister se dinge, Ligweg | 1 Kommentaar

Die ou nerd

Ek het ‘n vriendin, meer as tien jaar my junior. Sy is interessant en kleurryk. ‘n Titsel boheems. Sy sê sy hou daarvan om buite die lyne in te kleur. My dogter is baie soos my vriendin. Ek is lief … Lees voort

Posted in Ligweg | 1 Kommentaar

Oor oudword…

Twee van my vriendinne sê op twee verskillende dae dat hulle tog net nie baie oud wil word nie. Dit laat my verstom. ‘Wil jý baie oud word?’, vra ek vir my man. En vervies my op die plek toe … Lees voort

Posted in Hemellinge, Inspirasie, Leefstyl, Ligweg | Lewer kommentaar

Nuutskeppinge

‘Dit is haarne’, sê ek nou die dag in gesprek. Die professionele taalkundige in my kring vra dadelik, ‘Wat vir ‘n woord is dit?’ Ek verduidelik dat ‘haarne’ beter pas in die konteks van die sin. Soos syne en myne. … Lees voort

Posted in Ligweg | Lewer kommentaar

Sônne met die haarkapper

Ek is vol nonsens as dit by my hare kom. ‘n Moeilike kliënt. Selde honderd persent tevrede met die eindresultaat. So jammer liewe Haarkapster. Dis nie jy nie, dis ek… Ek kon nog nooit verstaan hoe dieselfde vrou haar hare … Lees voort

Posted in Leefstyl, Ligweg | Lewer kommentaar

Skynheilige (nie)-feminis

Ek sien myself nie as ‘n feminis nie.  Ek glo nie dat alle mans lui, dom en minder produktief as vroue is nie. Ek lees onlangs in ‘n boek dat mans en vroue se breine fisies verskillend lyk en funksioneer … Lees voort

Posted in Ligweg | 1 Kommentaar

Ouma…?

In ligte luim met ‘n tikkie selfspot… Soos wat ons lief is om te doen, skop ek en Liefman die naweek af deur saam ons gunsteling Parkrun-roete te hardloop. Aangesien ons land steeds in die Covid-19 staat van inperking is, … Lees voort

Posted in Ligweg | Lewer kommentaar

Kla-kous, of nie…

Ons straat-af maters kom klop aan vir ‘n kuietjie. Ons maak koffie en gesels kort voor lank lustig oor gemeensaamhede in ons leefwêreld. Totdat my mater later opmerk: “Kom ons gesels oor iets meer positief”. Nadat ons gaste huis toe … Lees voort

Posted in Ligweg | Lewer kommentaar

Gesigmasker-sage

Ek is nie ‘n groot aanhanger daarvan om ‘n gesigsmasker te dra, soos wat verplig word tydens die Covid-19 inperking nie. Die masker laat my dom voel. Ongekoördineerd, ongebalanseerd, gedisoriënteerd. Ek moet mooi kyk waar ek trap wanneer ek trappe … Lees voort

Posted in Ligweg | Lewer kommentaar