En daarna

Ons stap teen wil en dank aan na die derde herdenking van Pa se weg wees. Ek is heeltemal onkant gevang deur die storm wat dit in my loswoel. Opnuut. Ek worstel en stoei met die ding van die drie jaar.

Die eerste jaar van Pa se weg wees het ons dit elke maand gedenk. Stilgestaan en onthou. Dikwels ‘n paar trane, en soms ‘n hele vloed daarvan, gestort. Na die groot Een-Jaar herdenking is dit nou meer van ‘n jaarlikse gebeurtenis. Behalwe vir Ma. Sy sal nog steeds sê, vandag is Pa twee jaar en drie maande weg, twee jaar en vyf maande, twee jaar en tien maande… Nie dat ons net op gedenkdae van Pa onthou nie. Vanselfsprekend dink ons nog gereeld aan Pa. Soos in amper elke dag se gereeld.

So, dit is vir my vreemd dat die drie jaar vir my so ‘n groot storie is. Pa verjaar mos oor die feestyd. Met Pa se laaste verjaardag het ek so gewroeg daaroor. Ek het geweet almal is in ‘n partytjie stemming en ek wou dit nie demp nie. Maar ek kon nie slaap voordat ek gesê het: ‘Skuus Wêreld, ek weet julle maak nou persente oop en eet ‘n feesmaal en so aan. Maar seblief, wil julle nie net vir ‘n oomblik saam met my onthou van hierdie merkwaardige man wat ons vir baie jare vandag gevier het nie? Seblief Wêreld, help my om nie te vergeet nie?’

Sou dit wees waaroor my wroeging oor die drie jaar gaan? Oor bang wees vir vergeet? Dis nie moontlik nie. Wees maar gerus. Hierdie liefste Pappa het oor ‘n hele leeftyd met soveel oorgawe en opregtheid belê in sy mense se lewens. Konsekwent, dag na dag gebou aan ‘n erfenis van liefde. Spontaan, natuurlik en eenvoudig het dit vir hom gekom. Want so het sy ouers dit vir hom deur hul voorbeeld geleer. Mag sy erfenis aan elke volgende generasie aangegee word.

Drie maande. Drie jaar. Dertig jaar. Ek verlang na jou, my liefste Pappa. My hart is vol liefde, dankbaarheid en trots as ek aan Pappa dink. Dankie vir ‘n voorbeeld wat ek streef om na te volg.

Vir altyd – én daarna.

Posted in Hartsmense, Hemellinge, Liefde | Lewer kommentaar

Eksamen geslaag!

Dit voel of ek ‘n groot eksamen geslaag het. Die kind is toe by die universiteit geregistreer. Hulle aanvaar en verwelkom haar met ope arms. Sy is blink-oog opgewonde oor haar toekoms. En ons as ouers saam met haar. Ons is vol vertroue dat sy elke geleentheid gaan aangryp, oor elke uitdaging sal seil, en dat haar toekoms vol belofte wink.

Wat ‘n heerlike mylpaal in ouerskap.

Ek is seker ek gaan more, dalk selfs vannag nog, weer aan iets nuuts dink om my oor te kwel. As moeder is ek tot my spyt meestal meer van ‘n worry-er as ‘n ‘prayer-warrior’….

Maar vanaand vat ek hierdie oomblikke styf vas. Dit is als genade. Onteenseglik. Maar ouerskap is ook harde en toegewyde werk. Liefde in aksie – oor en oor, en weer en dan nóg ‘n keer. Laatnag se arbeid adel al sleep jou voete en hang jou skouers. Aanmoedig en toejuig wanneer jou eie hart moedeloos en vertwyfeld in loodswaar slae klop.

Vergun my dus vandag die sonderlinge kloppie op die skouer. Knap gedaan, my liewe selwers! Doen so voort – jy weet mos hoe.

Posted in Ouerskap | 1 Kommentaar

Ten goede

Tydens die Global Leadership Summit konferensie wat vroeër by my kerk aangebied is, luister ek na ‘n sessie genaamd ‘Meant for good’ deur Megan Marchman wat geweldig indruk op my maak. Ek is nog altyd besonder lief vir die belofte in Romeine 8:28 dat God alles ten goede sal laat meewerk vir Sy kinders. Maar wat presies, vra die spreker, word bedoel met ‘ten goede’? Is dit ‘n lewe van gemak en gerief? Dat alles maklik en eenvoudig sal wees? Die antwoord word in die volgende vers gevind: dat ons al hoe meer aan Jesus se beeld gelyk mag word. Dit gee ‘n totale ander perspektief aan lyding, swaarkry en probleme.

Die Bybel is vol voorbeelde dat God Sy kinders nie van swaarkry spaar nie, maar saam met hulle daardeur gaan. Dink aan Noag in die ark, Josef in die put, Daniël in die leeukuil. Dikwels leer ons God se karakter juis in moeilike tye ken, en word ons geloof daardeur gebou.

https://youtu.be/qayfa07SKD4?si=5PCWIZh4ZnJuBsH_

‭‭ROMEINE‬ ‭8:28‭-‬29‬ ‭AFR83‬‬
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.

In die boek van Jona word die gedagte selfs verder gevoer. Jona word gestuur na Nineve om God se Woord te verkondig. Hy kies egter koers na Tarsis om die opdrag te verontagsaam. Daar is ‘n geweldige storm op die see op pad na Tarsis. Met loting word Jona as die oorsaak van die storm uitgewys, en op sy eie voorstel oorboord gegooi. Die volgende Skrif wys hoe groot God se genade is: dat Jona se ongehoorsaamheid tot die redding van die matrose op die boot lei. Dit is die hart van Romeine 28 se ‘ten goede’.

‭‭Jona‬ ‭1:15‭-‬16‬ ‭DB‬‬
[15] Hulle het toe vir Jona gevat, hom oor die kant van die skip gelig en hom in die see gesmyt. Die storm op die see het dadelik bedaar. [16] Dit het die matrose baie groot respek vir die Here gegee. Hulle het net daar ’n offer vir Hom gebring en belowe dat hulle Hom voortaan sal aanbid.

Ek vind dit wonderlik gerustellend. Die vaste wete dat God se plan vir Sy kinders deur al die eeue heen steeds goed is. Goed volgens Sy standaarde, nie myne nie. En dít, is waarlik goed.

Posted in Geestelik | 1 Kommentaar

Dertig jaar later

So gebeur dit dat ‘n matriekklas van ‘n klein plekkie ‘n reünie probeer reël. Die eerste reünie, dertig-plus jaar later. Die reëlings geskied elektronies, aangesien baie van die oud-matrikulante wyd en syd verplant is.

Soos wat die reëlings vorm aanneem, verkneukel ek my in die besef van hoe getrou almal aan hul aard gebly het.

Die toentertydse klaskaptein vat steeds voor. Sy versoek almal se insette, stuur tabelle van voorkeur datums en liggings uit, en maak seker dat besluite die meerderheid se mening verteenwoordig. Soos wat goeie leiers doen.

Die klasnar is nog net so spitsvondig soos wat ek onthou. Die kwinkslae ontlok gereeld giggel-gesiggies, ontlont potensiële verskille en hou die atmosfeer lig en ontspanne. Al het die lewe daar ook maar ‘n paar onverwagse esse gegooi.

Die partytjie-dier stel nie teleur nie. Sy maak seker dat die sosiale sy van die beplande geleentheid nie agterweë bly nie. Die self-aangestelde voorsitter van die verversings- en aktiwiteit sub-komitee blyk hoogs bekwaam en ingelig te wees. Ons is in goeie hande op daardie belangrike gebied.

Die versigtige, konsensieuse oud-matrikulant bly getrou aan haar aard. Sy doen navraag oor die geskiktheid van tyd en plek met betrekking tot skedule en begroting. Haar woordkeuse verklap takt en sensitiwiteit. Sy lig haar mening sonder om tone te trap.

Die stil, nerderige enetjie trap steeds versigtig rond, onseker waar haar plek in die groep nou eintlik is. Heeltemal tevrede om op die rand te bly staan en die dans van bedrywighede om haar gade te staan.

Die super gewilde mooiste meisie spog steeds met die perfekte gesig en liggaamsbou. Daar is ‘n paar wat laat blyk dat hul geestelike waardes nog net so belangrik is as van ouds. Iemand probeer ‘n besigheid onder die radar bemark. En raai, die skaam, valerige enetjie is nou ‘n eksotiese skoonheid! Die manne se monde hang figuurlik oop oor dié aangename verwikkeling!

Waar mense betrokke is, is fassinerende stories nooit ver agter nie.

Posted in Gister se dinge, Ligweg | 1 Kommentaar

Treë van groei

Pastoor sê met sy Oujaarsboodskap dat die strewe voor ‘n nuwe jaar nooit volmaaktheid moet wees nie. Die mikpunt is vordering en groei. Ek hou baie van sy woorde.

Ek is ‘n vyftig plusser wat passievol daaroor is om lewenslank te bly leer, ontwikkel en groei. Oor die jare het lering en gedagtes oor my pad gekom om my te help om goeie en gesonde langtermyn gewoontes te vestig. Daarvoor is ek dankbaar. En daarmee saam, ewig op die uitkyk vir maniere om hierdie ruwe diamant verder te poleer. Tot die dag dat ek my laaste asemteug op hierdie aarde uitblaas. Want dan, sê Pastoor, gaan ek uiteindelik volmaak wees…

‘n Hele aantal jaar gelede kyk ons een Sondagoggend TV-kerk. Sou ek of die kindjie siek wees kan ek nie onthou nie. Maar dat ek daardie oggend na oom Angus se boodskap moes luister, weet ek vas en seker. Hy vertel naamlik dat hy elke oggend vier uur opstaan om seker te maak dat hy tyd saam met die Here deurbring. Ek het vir die volgende oggend reeds my wekker ‘n halfuur vroeër gestel, en hou nou al etlike jare daarmee vol. Om vroeg elke oggend Bybel te lees, en in my gebedsjoernaal te skryf, is ‘n hoeksteen dissipline van my geloofslewe, en daarom ononderhandelbaar.

Een aand tydens ‘n omgeegroep byeenkoms, ook nou al lank gelede, vertel ‘n stil, ingetoeë vrou dat sy die Bybel reeds drie maal deurgelees het. Ek het tot op daardie stadium gereeld Bybel gelees, maar lukraak hier en daar, soos die gier my pak. Soms aan die hand van ‘n dagstukkie boek. Ek het Bybel gelees sonder plan, doel of rede. Die oggend na die omgeegroep byeenkoms het ek my Bybel oopgemaak by Genesis 1. Ek lees slegs een bladsy uit die Bybel elke oggend. Dit neem my tussen twee en drie jaar om een keer deur die Bybel te lees. Op die manier is ek nou besig om die Bybel in totaliteit vir die derde keer deur te lees. Deesdae lees ek eers die Bybelboek se agtergrond in David Pawson se ‘Unlocking the Bible’, en daarna die boek in die Bybel self. Ek gebruik tans die Amplified, en lees elke voetnota en skrifverwysing saam met die teks. Die insig wat ek so verkry, is kosbaar en sonder weerga.

Gewoontes wat die fisiese mens baat is natuurlik net so belangrik. Hier is my boustene voeding en oefening. Ek en my gesin volg al vir bykans drie jaar die Keto-eetplan, waarmee my man diabetes baie doeltreffend beheer. Die hoë-vet inhoud maak ons maaltye so smaaklik en vullend dat ons verfynde stysel soos brood en pasta glad nie mis nie. Ek kombineer die eetplan met ‘n vastydperk van sestien ure, en ‘n ag ure eet venster daagliks. Ek eet saans, en dan eers weer twaalf uur die volgende middag. Na die lees van Mindy Pelz se insiggewende boek, ‘Fast like a girl’, het ek weer stysel in sy natuurlike vorm, soos patat, pampoen, en selfs aartappel, in my en my dogter se dieet inkorporeer. Om progestoroon te voed doen wondere om my dogter se siklus te reguleer, en my menopause simptome te verlig. Ek handhaaf my gewig baie maklik en doeltreffend vir die afgelope jaar met hierdie riglyne.

Wat oefening betref, ek het in my veertigste jaar die Comrades maraton voltooi en vir ‘n paar jaar baie ver afstande gehardloop. My persoonlike opinie is dat dit nie goed is vir sommige vrou nie, veral waar beendigtheid ‘n kwessie is. Deesdae hardloop ek en my man elke Saterdag die goeie ou vyf kilometer lange Parkrun en geniet dit vreeslik. Af en toe ‘n tien kilometer padwedloop vir afwisseling. By uitsondering dalk ‘n half maraton. Ek en Liefman doen ook weekliks ‘n Pilates klas wat werklik wondere doen in terme van krag, balans en soepelheid vir ‘n ouer-wordende liggaam. Ek is ook gek daarna om op my Bounti mini trampolien te oefen, aangesien dit die limf stelsel detoks. Ek spring nie graag nie, maar power walk of draf op die trampolien. Die radioloog merk telkens tydens my mammogram op hoe goed my limf stelsel lyk. Bounti bo!

Breinontwikkeling kan nie agterweë gelaat word nie. Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek dat ek my brein moet oefen om intellektueel fiks en gesond te bly. Speletjies soos Sudoko en woordsoek, asook om ‘n nuwe taal op ‘n prettige selfoon toepassing aan te leer, is sinvol, genotvol en kalmerend.

My uitdaging bly om voltyds werk met huishou, ontspanning, stokperdjies en my sosiale lewe te kombineer. Nou dat ek ouer word, is ek moeg smiddae na werk en eenvoudig nie lus om weer uit die huis te gaan nie. Naweke vlieg onder my uit. Ek lees kompulsief, uitsluitlik nie-fiksie, wat ek as ‘n belegging in my menswees beskou. Ek leer so baie uit ander se ervarings. My strewe is om te leer om minder onder druk te voel en minder te stres. Om balans te vind is maar ‘n lewenslange proses..

Posted in Geestelik, Leefstyl | Lewer kommentaar

Nuwejaarsgedagtes

‘Dit gaan goed. Niemand is dood nie, my huwelik is veilig en die balju kom klop nie aan my deur nie’, sê ‘n mater nou die dag. Ons lag saam oor sy perspektief, maar is dit nie maar al te dikwels hoe die grootmenslewe werk nie?

2023 was nie te sleg in my wêreldjie nie. Niemand ís dood nie. Dit is ‘n groot, groot genade. Want die twee moeilikste en mees traumatiese jare in die afgelope tien jaar was ongetwyfeld die twee jare van verlies. Verlies aan ‘n geliefde is pynlik sonder weerga, en die reis na aanvaarding en herstel is lank en moeisaam. Maar bereikbaar.

In my kring is tans ‘n pasgetroude, nuwe mammas, en ‘n pas aangekondigde swangerskap. Daar is iemand met ‘n nuwe, opwindende beroep én ‘n jong romanse. Vir baie van hulle lyk die nuwe jaar nét rooskleurig en vol hoop en geluk. Ander weer loop ‘n swaar pad met siekte, verswakte bejaarde ouers, kommer oor volwasse kinders se plek in die wêreld.

Eintlik is ‘real life’ die middelbaan tussen die twee uiterstes van wanneer dit vreeslik goed en bitter sleg gaan. Die geheim van geluk is om nie só vasgevang te word in die sleurgang van elke dag se bestaan, dat ek die grootsheid van klein genades en blydskap van die Here en die lewe in elke dag mis nie.

Nog ‘n vriend het op die oog af alles wat nodig is om sielsgelukkig te wees. ‘n Vrou wat hom as haar hele bestaan sien, twee pragtige, slim kinders, ‘n gerieflike huis en ‘n standvastige betrekking. Maar as jy hom raakloop, sug hy beswaard en sê ag wat dit gaan oukei. Dit gaan met hom so goed as wat hy bereid is om te erken, skerts ek dan. Maar wat weet ek dan nou ook van sy binneprentjies af…

Perspektief ís belangrik, maak of breek belangrik. Hierdie nuwe jaar vat ek soos wat hy uitgedeel word. Ek is nie rasend opgewonde oor of verlammend bang vir hom nie – wat op sigself ‘n genade is. Ek hoop al die oues in my kring word nog ‘n jaar gespaar. Ek hoop dat die vreugdes meer as die uitdagings sal wees, die goeie dae baie meer as die slegte dae.

Ek wil my goeie gewoontes in stand hou en aan my minder goeies skaaf. Minder stres en meer skryf. Leer, groei en leef.

Mag 2024 vir jou goed wees. Mag die genade van die Here met jou wees. Wees geseënd om te seën. Want, volgens ‘n treffende aanhaling wat ek onlangs raaklees: ‘We are all walking each other Home.’

Posted in Mymeringe | 1 Kommentaar

Gebedsjoernaal

Caroline Leaf skryf in ‘Switch on your brain’ oor die waarde daarvan om ‘n joernaal met daaglikse inskrywings by te hou. Ek dink dis ‘n bak plan en maak sommer dadelik ‘n inskrywing in ‘n boek. Net om twee weke later te besef dat die inskrywing steeds man-alleen die boek probeer volmaak.

Tot die dag dat ek na ‘n potgooi deur Craig Groeschel oor die onderwerp van joernaal byhou luister. Groeschel verduidelik dat hy (soos ek) geweet het dat dit goed is om ‘n joernaal by te hou. Tog kon hy dit net nie regkry om die gewoonte te vestig en vol te hou daarmee nie. Totdat hy ‘n joernaal as geskenk ontvang waarin daar vir elke dag ‘n paar reëls vir vyf dele ingedeel is. Die doel daaragter is dat inskrywings in die joernaal per bladsy vir ‘n spesifieke dag vir vyf opeenvolgende jare gedoen word. Groeschel het vir die enkele reëls kans gesien, en fluks begin inskrywings maak. Hy het vir ‘n hele jaar daarmee volgehou en toe terug geblaai na die eerste bladsy van die joernaal om ‘n inskrywing by die gedeelte vir die tweede jaar te maak. Gedurende daardie tweede jaar het hy eers waarlik die waarde van die joernaal besef, want hy kon terugkyk op die eerste jaar se inskrywings en sien hoeveel gebede intussen verhoor is.

Begeesterd het ek besluit om sy voorbeeld te volg. Ter wille van beperkte tyd deel ek elke daaglikse inskrying in my joernaal in drie hofies in.

Waarvoor is ek dankbaar?

Waaroor is ek bekommerd en waaroor bid ek vandag?

Waarop kies ek om vandag te fokus.

Dit werk soos ‘n droom! Soms moet ek hard dink aan my stof tot dankbaarheid, ander kere is daar sommer ‘n paar items. Soos Groeschel beleef ek ook dat dit my geloof geweldig bou wanneer ek besef dat kwessies waaroor ek letterlik slapelose nagte gehad het, effektief uitgesorteer is glad nie meer ‘n bron tot kommer is nie. En wanneer ek my geloofsfokus verklaring vroeg in die oggend neerpen, word ek wel weer later in die dag daaraan herinner.

Lank lewe die joernaal!

Posted in Geestelik, Leefstyl | 1 Kommentaar

24 Desember

24 Desember is ‘n ingewikkelde dag. Die dag van die groot voorbereidings vir Krismis. Komaan, voel feestelik en kry die skaapboud en koekstruif gereed!

24 Desember is ook Pa se verjaardag. Maar dis in dees jare dat ek glad nie weet wat om met hierdie dag te maak nie.

Pa se dag sonder Pa.

Pa wat lief was vir pret en speel. Nooit ‘n kans laat verbygaan om ‘n uiltjie te knip nie. Groen vingers. Pa kon uit enige iets, enige plek ‘n oase skep. Sy liefde en lojaliteit het rotsvas gestaan. En als wat nou verkeerd en gekompliseerd is, sou hy in ‘n oogwink reggemaak het.

Ek mis hom terwyl die reën mistroostig om my neersif. Meer as enige ander dag in die jaar, mis ek vandag my pa.

Posted in Hartsmense, Hemellinge, Liefde | Lewer kommentaar

Men on “Paws”

One Sunday afternoon John Margeret’s husband decided to visit Harry in Baskerville Retirement
Village. . Being a God fearing man, John and Margaret Doe closes the bakery shop on Sundays to attend Baskerville Baptist Church. Harry jokingly refer’s to his son in law as John Dough, because of the relevance between his surname and his occupation as a pastry chef and baker working with dough every day.


Why are you not at home taking your customary Sunday Afternoon nap, John? Harry asked. What is
it with Menopausal women and hanging out at Church every dam Sunday Afternoon Harry?


Ahhh, Harry said thoughtfully, you must ask my best friend Larry who is a linguist to give you the true definition of menopause. You see Larry the other day was opening up the Church auditorium in preparation for the Sunday night evening service when he overheard a gaggle of old geese giggling in the conference room where they had a small gathering.


You see, these mischievous ladies loved to joke around and playfully nicknamed their husbands
“men on a pause.” However, one fateful day, during a heated conversation about their husband’s
snoring habits, someone misunderstood “pause” as “paws.” From that moment on, the women
insisted that their husbands were better off taking a snooze while they indulged in an afternoon at the church, claiming that the church women’s conference room were much more comfortable than their partner’s restless snores.


And so, every Sunday, you would find these laughter-filled women, giggling away in the comfy chairs, pretending to catch a nap while intently listening to the motivational speaker they invited for that afternoon. This weeks discussion was about intermittent hormonal fasting and how to reverse the symptoms of menopause Fasting like a girl on a ketogenic dieet. The Biblical account of Sarah and Abraham was discussed. Sarah evidently overcame her flushes and Abraham a lion of a man proved not to be clawless. Hence Isaac made his appearance just in time for the Angels next visitation.


I am in big trouble Harry, she’s got a mischievous twinkle in her eye, remember, I am a man approaching sixty, content to daily kneed my dough until the day we can take our retirement once your granddaughter finishes Varsity. I am looking forward to looking after her children one day, not making any of my own.


Snip, snip.. Harry replied with a grin.

*** Liefman se skribbels ***

Posted in Liefman se skribbels | Lewer kommentaar

Harry lost a tooth in a dining booth


Larry and Harry sit squinting at the Mugg and Bean’s breakfast menu in the omelette section. Harry, I can’t make out a single word on this blasted thing, these bifocals are useless in this dimmed light. Harry also struggling to read replied. “Tell me about it, Larry. I feel I need a magnifying glass just to order an omelette.


Larry laughingly said:” Looks like we’re off to a great start my friend. Should’ve brought a pair of binoculars with us. As the two men chuckle, Harry had a sudden violent sinus induced cough. Oh, my goodness, Larry! Did you see that?, asked Harry. What happened , Harry, Larry responded.


My front tooth! Whistled Harry through the gap in top dentures. It phhhhlew out like a cannonball
and hit that lady in the back of her head! An elderly lady, Jane Kempton sitting solitary at her table, turns around, her hair now adorned with Harry’s fake tooth. Jane frowned, but seeing the gap in Harry’s dentures barely swallowing her laughter asked, very amused: “What the devil just happened?


Harry whistles very sheepishly. “Ma’am, I apologize profusely. My tooth got a little adventurous. Mind if I retrieve it from your hair? Still smiling , amused Jane replied, “Well, I’ve never had a tooth as a fashion accessory before. Go on then, but be gentle.


Much later Larry and Harry, along with Jane share a table, while the other diners witnessing the whole episode unfolds, watch with amusement. Jane: (teasing) So, is this how you two like to start your mornings, causing havoc in coffee shops? Larry could only grin with his full set of teeth saying “Oh, you have no idea. We could write a book on our misadventures. Harry chuckles self-consciously
behind his hand covering his gated grin. “Perhapthhhh our new friend Jane could read it for uthhh.
These menus are giving us a run for our money.


They all burst into laughter as the waitress, with her thick glasses and toothy smile, approaches their table. May we borrow your glasses for a moment. The Waitress who carefully
followed the conversation was not offended. She winked at Jane, and looked back at the two elderly
gentlemen. Looks like you boys could use some help. Let me read out the breakfast options for you, or do you prefer that my Grandma Jane do it for you?


The unlikely trio dines together, forming a friendship that would make every day at Mugg and Bean a joyous affair as Harry and Larry received a standing invitation every time Jane is in town visiting her grand daughter who waiters at the Mugg and Bean.

*** Liefman se skribbels ***

Posted in Liefman se skribbels | 1 Kommentaar