Hoe om regtig fiks te word

My tienerdogter het ‘n leefstylhorlosie by haar tannie as Kersgeskenk ontvang. Die horlosie tel elke treë wat sy deur die dag tgee, en stel die doelwit per dag op tienduisend treë.

Op ‘n onlangse Saterdagoggend neem ons gesin oudergewoonte aan een van ons plaaslike Parkruns deel. Na die vyf-kilometer lange roete, staan my dogter se treë volgens haar horlosie op 6 500 treë. Sy stap op flinke pas saam met my aan die drie kilometer terug huis toe,wat haar op die tienduisend treë doelwit bring.

Terug tuis vra die tienerkind dat ek haar ‘mall’ toe neem, aangesien sy ‘n geldjie by een van haar ouma’s as Kersgeskenk ontvang het, en talle klerewinkels uitverkopings adverteer. So versoek, so gemaak, en ons twee meisies laat vat, my dogter met die nuwe horlosie om die arm.

Ons woerts in en uit by die eerste winkel, met niks wat in die tiener se smaak val nie. Ek is vol moed dat die tweede winkel sukses gaan bereik in terme van aankope, daar het die tiener al van haalwat van haar geldjies afstand gedoen. Maar klaarblyklik is ook dààr hierdie keer niks waaroor ‘n tiener ogewonde kan raak nie. By winkel nommer drie word twee rokke plegtig aangepas. Nommer een is te kalerig na haar konserwatiewe ma se smaak, en nommer twee iewat onprakties. ‘Nou waarheen gaan jy dit nou eintlik kan dra…?’

Ek tou agter haar aan na winkel nommer vier, teen hierdie tyd iewat kopsku vir inkopies-met-niks-om-daarvoor-te-wys- nie. Ook word twee rokkies hoopvol na die aantrekkamer karwei. Nommeer een se prys is nie knap genoeg nie, nommer twee se snit nie vleieind genoeg nie. Teen my beterwete haal sy my oor om by winkel nommer vyf (!) in te loer. ‘Net gou’, luier tot ‘n goeie halfuur. Sy blaai blinkoog deur die een na die ander ontwerpersrok, wat ons albei goed weet nie een van ons ooit sal kan bekostig nie.

Uiteindelik kondig sy aan dat dit tyd vir ‘n koffietjie is. Sy bestel ‘n kosserigheidjie, skoon honger ‘ge-shop’, en ek ‘n soetigheidjie as ‘n lafenis vir ‘n verweerde shop-saam-met-die-tiener siel.

Oplaas terug tuis, kondig haar horlosie aan dat die uitstappie mall toe haar ‘n addisionele sewe duisend treë in die sak gebring het.

My gevolgtrekking is dus: as jy régtig fiks wil word, vergeet van jou tekkies en die Parkrun. Neem eerder ‘n tiener mall toe!

Ns. Sy het toe niks gekoop nie…

; )

This entry was posted in Ligweg. Bookmark the permalink.

1 Responses to Hoe om regtig fiks te word

Lewer kommentaar